Ons is ‘n klein- tot mediumgrootte ouditfirma in die hartjie van Potchefstroom – die stad van deskundigheid.
Ons bied ‘n wye verskeidenheid rekeningkundige en sekretariële dienste asook belasting en ouditdienste aan.
Die bereddering van boedels, opstel van testamente en die administrasie van trusts is van ons gespesialiseerde terreine.

JC Jonker verwerf sy BCom-graad (1970) en sy Bcom Honeurs (1971) aan die PU vir CHO. Hy verwerf twee MCom grade (1974 en 2007) onderskeidelik in Rekeningkunde en in Suid Afrikaanse en Internasionale belasting. Hy kwalifiseer in 1975 as 'n GR (SA). JC Jonker is reeds meer as 40 jaar in praktyk.

Werner Nel verwerf sy BCom-graad (2003) aan die PU vir CHO, sy eerste BCom honneurs in Finansiële rekeningkunde (2004) aan die NWU, en sy tweede BCom honneurs (2006) vanaf Unisa. Hy verwerf sy MCom cum laude in Suid-Afrikaanse en Internasionale Belasting aan die NWU (2007). Hy het sy klerkskap in 2008 voltooi en as 'n GR (SA) in 2011 gekwalifiseer. Werner Nel is meer as 11 jaar in praktyk.

Izelle Brits verwerf haar BCom-graad (2006) aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Sy verwerf haar honneurs in Finansiële Rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus (2007). Sy verwerf haar Honneursgraad in Rekeningkundige Wetenskap aan die UNISA (2008). Sy voltooi haar leerlingskap in 2009 by Questus Ingelyf en kwalifiseer in 2016 as 'n AGA(SA).
Izelle beskik oor die vaardigheid om ons kliente by te staan in:
Registrasie van nuwe maatskappye
Die administrasie van gevestigde maatskappye soos byvoorbeeld verandering van die maatskappy se naam, verandering van direkteure en die oordrag van aandele van die maatskappy.
Rekeningkunde en oudit aangeleenthede
Izelle bied aan haar kliënte 'n vriendelike en professionele diens sedert sy in Mei 2016 by Questus Ingelyf aangesluit het.

Corneil verwerf sy BCom-graad (2018) aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom kampus. Hy verwerf sy honneurs in Finansiële Rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom kampus (2022). Hy voltooi sy leerlingskap in 2021 by Questus Ingelyf en in 2023 kwalifiseer hy as 'n Professionele Rekenmeester (SA). Corneil kan bystand lewer met belasting, rekeningkundige werk, onafhanklike nasien en ouditering. Hy is 'n vriendelike en ambisieuse persoon wat sy kliënte toegewyde en professionele diens bied.

Nicky Malan het haar BCompt-graad in finansiële rekeningkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) in 2023 behaal. Sy voltooi haar klerkskap by Questus Ingelyf in 2024 as deel van haar akademiese reis. Sy kan van hulp wees met 'n verskeidenheid dienste, insluitend belasting, rekenkundige werk, onafhanklike nasien en ouditering. As 'n aspirant geoktrooieerde rekenmeester word sy gedryf deur 'n begeerte om voortdurend te leer en te ontwikkel, om te verseker dat sy niks anders as die beste aan haar kliënte verskaf nie.