Ons Doelstelling

Visie

Ons streef daarna om voortdurend professionele, bekostigbare, toegewyde en hoë gehaltediens aan ons kliënte te lewer en hulle doelgerig te stuur en by te staan tydens veranderende omstandighede.

Missie

Ons streef daarna om waarde toe te voeg deur toeganklike kwaliteitdiens, teen realistiese koste, deur die aanwending van hoogs opgeleide mense en moderne hulpbronne. Ons firma is baie dinamies en energiek met jare se ondervinding.

Kernwaardes

Ons waardes is die behoud van kliënte om as besorgdheidsvennoot saam te werk. Integriteit is gegrond op:

  • Eerlikheid en etiese gedrag
  • Respek en lojaliteit aan kliënte en werknemers
  • Regverdigheid en gelykheid in die werksplek
  • Voortgesette opleiding van personeel
  • Verbetering deur innovasie

Ons rol

Questus Ingelyf bied omvattende geleenthede vir groei in velde soos oudit, rekeningkunde, belasting en ander finansiële dienste, ingesluit programme soos CaseWare, Pastel, VIP Payroll en Microsoft Office.

Konstante opleidingsgeleenthede word aan alle personeel op ‘n deurlopende basis aangebied om te alle tye op hoogte van enige veranderinge in die industrie te bly.

In alle take word daar deurlopende bystand en opleiding aan klerke deur seniorpersoneellede met die nodige kennis en opleiding aangebied.

SAICA– en SAIPA-klerk vorderingstelsels word elektronies aaneenlopend gemonitor om die vordering in klerke tot die beste van hul vermoë te bewerkstellig wat ooreenstem met die toepaslike standaarde deur SAIPA en SAICA vereis.

Ons Kliënteprofiel

Ons kliëntebasis is ʼn verskeidenheid van maatskappye, trusts en ander entiteite wat die volgende insluit:

  • Boerderye
  • Eiendomsagente
  • Individue
  • Inligtingstegnologie
  • Kleinhandel, handel en nywerheid
  • Myne
  • Niewinsgewende organisasies
  • Professionele beroepe
  • Prokureurs
  • Skole, kerke en beheerliggame
  • Uitgewers
  • Vervaardiging